NOORDWES. – Callie Erasmus (20) het Saterdagoggend omstreeks 01:15 by die Hartbeespoort-dam verdrink.
Brig. Sabata Mokgwabone het Erasmus se afsterwe bevestig en gesê hy het in ‘n besproeiingskanaal verdrink nadat hy hom glo in ‘n area bevind het wat nie vir die publiek oop is nie.
Polisieduikers van die provinsie het sy liggaam uitgehaal.
‘n Geregtelike doodsondersoek is by Hartbeespoortdam-polisiestasie geopen. Die ondersoek duur voort.
Erasmus en vriende was glo volgens Kormorant by die wal en dit lyk asof Erasmus deurgeval en in ‘n besproeiingskanaal onder die wal verdrink het.
Erasmus se afsterwe is deur sy alma mater, Die Hoërskool Wagpos, op sosiale media gedeel.
Bronne: SAPD, Die Hoërskool Wagpos en Kormorant





