KLERKSDORP, NOORDWES. – Hoërskool Klerksdorp se skoolbus was Maandagoggend vroeg in ’n ongeluk betrokke. Die bus het glo koshuiskinders terug skool toe vervoer.
Volgens Klerksdorp Record het die ongeluk omstreeks 5:30 sowat 30 km buite Hartbeesfontein op die Ottosdalpad plaasgevind toe die bus op pad na Klerksdorp was.
Die bus het 22 leerders ten tyde van die ongeluk vervoer. Hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie.
Mnr. Hennie Muller, skoolhoof, het sy dankbaarheid uitgespreek dat niemand ernstig beseer is nie. Volgens hom was dit nog donker toe die busbestuurder deur ’n aankomende vragmotor se ligte verblind is en hy teen ’n stilstaande bus in die pad vasgery het.
Bronne: Klerksdorp Record, Facebook





