Kykers kan regmaak vir ’n groot boksgeveg. Twaalf boere is deur Versus Promosies gekies om op 14 September in die Heartfelt-arena in Pretoria in ses gevegte teen mekaar te baklei.
Die twaalf deelnemers is Vrydag by Hennie’s in Silverlakes in Pretoria deur Jan van der Berg en Cameron Saaiman, eienaars van Versus Promosies, bekendgestel.
Volgens Van der Berg wil hulle vir boere ’n gesonde uitlaatklep gee om van hulle frustrasies ontslae te raak.
Hulle is tans besig met die opname van 12 episodes waarin boere hulle plase en MMA-opleidingsklubs voorstel. Volgens die Moer ’n Boer-beweging bemagtig elke episode boere om hul narratiewe en bydraes te deel wat trots en gemeenskapsgees bevorder.
Die kaartjies vir die Moer ’n Boer-geveg op 14 September sal binnekort beskikbaar wees.
Die boere is Jannie Nel, Ernst Meintjies, Zac Steyn, Etienne Erasmus, Lambertus Scheepers, Drikus Jooste, Steph Meintjies, Riaan Gouws, JW Bergh, Danre Prinsloo en David Louw.
Besoek Moer ’n Boer vir meer inligting.
Bronne: Moer ’n Boer, Landbou





