Die sanger Rudi Claase het aangekondig hy is besig om sy outobiografie te skryf. Marizka Coetzer gaan help om sy woorde op papier te kry.
“Al is ek self ’n skrywer, kort die boek ’n rou buitestem om dit te help verwoord. Wie beter as Marizka Coetzer van die Krugersdorp-faam?” skryf hy op sy Facebook-blad.
Volgens hom is hy opgewonde om sy storie rou en eerlik te vertel. Hy gaan ook met prokureurs saamwerk om naamskendingsaksies te vermy.
“Die liedjies en my hart het albei ’n romantiese en rukkende verhaal om te bloei,” skryf hy.
Bron: Rudi Claase Facebook





