Verdagte in hegtenis in verband met Namibiese vrou se dood

Lees ook :

Verdagte in hegtenis in verband met Namibiese vrou se dood. Foto: The Namibian

WINDHOEK, NAMIBIË. – Wentzel Maasdorp is Dinsdagmiddag in die Windhoek-sakekern aangekeer nadat ’n uitgebreide soektog na hom van stapel gestuur is. Hy is in verband met die moord op Delia Maasdorp, asook diefstal, in hegtenis geneem.

Delia Maasdorp se liggaam is Sondag in haar woonstel toegedraai in komberse ontdek. Verskeie items insluitend haar televisiestel en blou BMW was weg.

Volgens adj. kom. Kauna Shikwambi is Wentzel aangekeer toe hy ’n rygeleentheid na Rehoboth gesoek het. Delia se BMW is vroeër Dinsdag by ’n petrolstasie op Rundu aangetref.

The Namibian berig Delia en Wentzel was in ’n romantiese verhouding. Wentzel is verwant aan haar eksman, adv. Ramon Maasdorp.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Bronne: The Namibian, Windhoek Observer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief