Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geelvlak 2-waarskuwing vir sterk wind oor die Wes-Kaap en Namakwa-distrik uitgereik.
’n Swak kouefront is vanaf die weste op pad. Dit sal lei tot sterk en rukkerige noordooste-winde tussen 40 tot 80 km per uur oor die oostelike deel van die Nakmakwa-distrik, Sentrale Karoo, asook die Klein Karoo.
Windsterkte sal van vroeg môreoggend begin toeneem. Die moontlikheid van skade aan tydelike strukture word voorspel.
Moeilike bestuursomstandighede kan ook tot langer reistyd lei. Die waarskuwing geld vanaf 8:00 tot 17:00 Vrydag.

Bron: SAWS





