KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte wat glo vanoggend by ‘n beweerde sakeroof betrokke was, is deur die polisie in Phoenix doodgeskiet.
KZN VIP Protection Services is op die toneel en sê ‘n skietery het uitgebreek toe die polisie die groep verdagtes in die Westham-area konfronteer. Die oorledene was deel van die groep.
Zelda Mans van Nuusflits het vroeër vandag soos volg berig:
’n Selfoonwinkel is vanoggend omstreeks 10:55 by die Phoenix Plaza-winkelsentrum in die Starwood-woonbuurt beroof.
Volgens Reaction Unit South Africa het vyf verdagtes die winkel binnegegaan en vuurwapens op die werknemers gerig. Verskeie selfone is gesteel voordat die vyf op die vlug geslaan het.
Ooggetuies beweer die verdagtes het in ’n wit VW Polo gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.
Bronne: Rusa, Facebook





