OAKFORD, KZN. – Verskeie leerders en ’n ouer is glo Maandagmiddag beroof en op geskiet tydens ’n rooftog net na 15:00 buite die Sacred Heart Secondary School in KZN.
Volgens Reaction Unit South Africa het ’n onbekende aantal verdagtes na bewering met pistole op ’n groep leerders en ouers losgebrand.
Na die rooftog het hulle op ’n motor ook gevuur. Ten tyde van die voorval was daar twee kinders, 12 en 9 jaar, in die motor.
Die verdagtes het in ’n ander motor gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.
Bron: Rusa





