Glen-plaasmoord – polisie neem twee in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ian Cameron

VYRSTAAT. – Die liggame van Christo (76) en Christa Morrison (73) is Saterdag 4 Mei grusaam op hulle plaas naby Glen vermoor ontdek. Twee gesoekte verdagtes is op Bloemhof in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad het Vrydag omstreeks 14:00 inligting ontvang. Omstreeks 23:00 is saam met Welkom se taktiese reaksiespan by ‘n gastehuis op Bloemhof op die twee verdagte mans, onderskeidelik 39 en 26 jaar oud, toegeslaan.

Selfone wat aan die oorledenes behoort het, is glo in die besit van die verdagtes gevind.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Man (76) en sy vrou (73) is Saterdag vermoor op hulle plaas naby Glen deur die polisie ontdek nadat ‘n buurman hulle nie op hul selfone kon bereik nie.

Sers. Mahlomola Kareli sê die bekommerde buurman het die polisie gebel.

Die plaashuis se deure was oop. Die vloere was bebloed en die huis was geplunder, maar die egpaar was nie in die huis nie. ‘n Mannejag na die egpaar en die verdagtes is dadelik deur die nag geloods.

Die man se liggaam is ongeveer 300 meter van die huis aangetref en sy vrou se liggaam in die septiese tenk. Hulle het oop wonde aan hulle bolywe gehad en is op die toneel dood verklaar.

Ian Cameron sê Christo Morrison was glo eers aan ‘n vurkhyser vasgemaak en gemartel en gesteek, toe mee rondgery en daarna in ‘n boorgat gegooi.

Gereedskap en elektroniese items is uit die huis gesteel. Die oorlede egpaar se Toyota Land Cruiser is naby Brandfort gevind.

Die Glen-polisie ondersoek sake van huisroof en moord.

Enigiemand met inligting kan kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief