KZN. – ’n Vragmotor vol Adidas-tekkies is Woensdag na bewering in Cato Ridge gekaap. Die waarde van die tekkies beloop R7 m.
Die vragmotor het 6 900 pare Adidas-tekkies vervoer. Volgens die eienaar het die beweerde kaping naby ’n petrolstasie plaasgevind.
Reaction Unit South Africa het die leë vraghouer in Verulam gevind. Die bestuurder van die vragmotor, wat van Zimbabwe afkomstig is, kon nog nie opgespoor word nie.
Bronne: Rusa, Facebook





