ALGERIË. – Omar Bin Omran (45), wat op die ouderdom van 17 vermis geraak het, is Sondag skaars 200 m van sy ouerhuis af in sy buurman se kelder gevind.
Omran het in 1998 op pad skool toe vermis geraak. Sy familie het aangeneem hy het verdwyn tydens onluste tussen die regering en rebellegroepe.
Hy is ontdek nadat die buurman se broer hom oor ’n erfgeskil na sosiale media gewend het. Die inligting wat deur die broer bekendgemaak is, het die familie bewus gemaak van die moontlikheid dat Omran daar kan wees. Hulle het die huis bestorm.
Omran is in die kelder onder hope hooi in ’n gat in die grond gekry. Hy was skrikkerig en het in skok verkeer.
Die verdagte (61) het probeer vlug, maar is in hegtenis geneem. Volgens berigte het Omran nooit om hulp geroep of ontsnap nie, omdat daar ’n “towerspel” op hom deur die verdagte geplaas is.
Die volgende video is op sosiale media gedeel:
NEW: Man who disappeared 27 years ago at the age of 17, found alive 200 meters from his family's home in a neighbor's cellar.
— Collin Rugg (@CollinRugg) May 15, 2024
Insane.
Omar Bin Omran of Algeria disappeared 27 years ago. He went missing in 1998 on his way to a vocational school.
A 61-year-old is in police… pic.twitter.com/idkvSCykmh
Bronne: The Sun, Jamaican Observer, Daily Mail, X





