Lees ook: Harvey Weinstein terug in tronk na ‘spesiale behandeling’ in hospitaal
Die kulkunstenaar, David Copperfied, is deur 16 vrouens van seksuele misdrywe en onvanpaste optrede beskuldig.
Volgens die Guardian US het meer as die helfte van die beweerde seksuele misdrywe plaasgevind toe die slagoffers minderjarig was.
Van die slagoffers het beweer hulle was jonger as 15, maar Copperfield het moontlik nie geweet presies hoe oud hulle was nie.
Copperfield het die aantygings teen hom ontken en oorweeg glo regsaksie. Hy is ses keer genoem in dokumente aangaande Jeffrey Epstein wat vanjaar aan die publiek beskikbaar gemaak is.
Copperfield se prokureurs het gesê hy het nie geweet van Epstein se misdrywe nie.
Bronne: The Independent, BBC, Page Six
Lees ook: Harvey Weinstein terug in tronk na ‘spesiale behandeling’ in hospitaal





