Lasbriewe vir verdagte wat bejaarde glo besteel, uitgereik

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Charles Sekonyela, oftewel Moruti, en nog verdagtes het glo op 21 September 2022 ‘n pensioenaris (59) van R53 000 besteel. Lasbriewe vir inhegtenisname is vir Sekonyela in Matjhabeng uitgereik.

Kapt. Stephen Thakeng sê op die betrokke dag het Sekonyela hom na bewering onder valse voorwendsel as ‘n motorhandelaar aan die slagoffer voorgestel. Hulle moes na Bloemfontein gaan om ‘n voertuig op die pensioenaris se naam te registreer. Tydens die reis is ‘n beweerde ryloper ‘n geleentheid gegee, wat eers na sy huis wou gaan om geld te kry om vir die rit te betaal. By die huis het persone wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het geklop, die huis deursoek en ‘n tipe goue materiaal gevind. Geld is vir die drie persone se vrylating geëis, waarop die persionaris glo gedwing is om R10 000 by ‘n bank te onttrek en aan die “polisiebeamptes” te oorhandig. Sekonyela het daarna vir die pensioenaris gesê hy sal die verandering van eienaarskap op ‘n ander dag doen. Die pensioenaris het egter nooit weer vir Sekonyela, die geld of die voertuig gesien nie.

Sekonyela word vir afpersing in Junie 2021 in Welkom gesoek. Hy word ook vir ontvoering en afpersing in April 2022 in Odendaalsrus gesoek.

Enigiemand wat weet waar Skonyela hom bevind, kan speur.sers. Molebatsi by 072 190 7271 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief