Lees ook: Phaahla sê regering is gereed vir hofsake oor NGV
SASOLBURG. – ’n Video het op sosiale media versprei van ’n vrou wat oënskynlik met verkiesingsplakkate op Sasolburg peuter.
’n Saak is teen die vrou gemaak kragtens die Kieswet 73 van 1998 wat die onwettige verwydering of skending van verkiesingsplakkate verbied.
Die polisie herinner die publiek daaraan die verwyder van verkiesingsplakkate is onwettig en kan as vandalisme of peuter met verkiesingveldtogmateriaal gesien word.
Die saak word nog ondersoek en die direkteur van die openbare aanklaer sal besluit of die vrou aangekla gaan word of nie.
Bronne: SAPD





