Brekende Nuus
Afrikaans

Phaahla sê regering is gereed vir hofsake oor NGV

Regering gereed vir hofsake oor NGV – Phaahla

fotokrediet: Canva
Regering gereed vir hofsake oor NGV – Phaahla fotokrediet: Canva

Lees ook: Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem

Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het gesê die regering is gereed vir hofsake oor die nasionale gesondheidsversekeringswet. President Cyril Ramaphosa het gister die wet onderteken ten spyte van beswaar van alle kante.

Verskeie besighede, mediesefondsgroepe, politieke partye, vakbonde en burgerregteorganisasies het gesê hulle gaan hof toe oor die NGV.

Volgens Phaahla het hulle teenkanting verwag en is gereed om hulle in die hof te ontmoet.

Solidariteit, AfriForum, die Sakeliga, die DA en die Business Unity South Africa het gesê hulle gaan die NGV in die hof beveg.

Bronne: BusinessTech, SABC, BusinessLIVE

Lees ook: Mediese fondse sê NGV gaan nog lank neem