Lees ook: SA vra Internasionale Geregshof om Israel uit Rafah te laat onttrek
DEN HAAG. – Israel sal vandag sy saak in die Internasionale Geregshof stel ná Suid-Afrika die hof genader het oor die Israeliese aanval in Rafah.
Suid-Afrika het die hof versoek om Israel te beveel om uit Rafah te onttrek en om noodwerkers, ondersoekers en joernaliste ongehinderd in Gaza toe te laat. Hulle het aangevoer dit is dalk die hof se laaste kans om aksie te neem. Die land se regspan het gesê Israel se inval van Rafah is deel van ‘n plan om Gaza totaal te vernietig.
Israel het al voorheen aangevoer dit is nodig om Rafah in te val om van Hamas ontslae te raak.
Bronne: AP News, DW, ECR
Lees ook: SA vra Internasionale Geregshof om Israel uit Rafah te laat onttrek





