Lees ook: Suid-Afrika weer vandag in Internasionale Geregshof oor Israel
DEN HAAG. – Suid-Afrika het Donderdag by die Wêreldhof aangevoer Israel se aanval op Rafah is deel van die plan om Gaza totaal te vernietig.
Die land het die Internasionale Geregshof gister gevra om Israel te beveel om onmiddellik uit Rafah te onttrek. Suid-Afrika het gevra Israel moet ook noodwerkers, joernaliste en ondersoekers toelaat om Gaza binne te gaan.
Die Suid-Afrikaanse regspan het gesê Israel ignoreer die hof se vorige bevel oor tydelike maatreëls en moet gekeer word voor dit Gaza heeltemal vernietig.
Israel sal vandag hulle saak in die verhoor stel.
Bronne: Jacaranad FM, SABC, BusinessLIVE, EWN
Lees ook: Israel dood per ongeluk vyf eie soldate





