TENNESSEE, VK. – Hannah Roth (30), ’n ontvangsdame van Tennessee in die Verenigde State, se longskanderings het onlangs gewys haar longe lyk soos dié van ’n 80-jarige of ’n lewenslange roker.
Haar dokter het dit aan haar gewoonte om te damprook toegeskryf. Roth het tydens Covid 19 begin damprook. Sy het verlede maand ’n klapgeluid in haar longe begin opmerk. Later het sy ’n koors van 104 grade ontwikkel.
Roth het aanvanklik gedink sy het longontsteking, maar skanderings het ’n obstruksie in haar longe uitgewys. Haar dokter het haar ingelig haar longe is besig om vinnig agteruit te gaan.
Sy het sedert haar doktersbesoek nie weer aan ’n vape geraak nie, aangesien sy twee seuns van sewe en elf jaar oud het.
Roth vertel sy het daagliks ure lank gedamprook en nie besef watter skade dit kan aanrig nie. Volgens haar dokter kan haar longe herstel solank sy nie weer aan ‘n dampstokkie raak nie.
Bronne: News 18, The Sun, NDTV





