EUROPA. – ’n Meteoriet was Saterdag kort voor 19:00 oor Spanje en Portugal te sien.
Die Europese Ruimteagentskap het bevestig hulle kameras het die vuurbal op kamera vasgevang. Volgens hulle was dit ’n stuk van Halley se komeet wat teen meer as 160 000 km per uur beweeg het.
Hulle reken dit is vermoedelik deel van die jaarlikse Eta Aquarid-meteorietreën wat tussen 15 April en 27 Mei in veral die Suidelike Halfrond te sien is. Sommiges in die Noordelike breedtegrade mag dit dalk ook sien, soos wat reeds die geval was.
Magnesium is verantwoordelik vir die blou kleur van die meteoriet. Hierdie een het oor die Atlantiese Oseaan uitgebrand.
Die volgende beeldmateriaal van die meteoriet is op sosiale media gedeel:
Bronne: Space.com, News 18, Times of India, X