Kleinseun kry 3 j. vir oortree van beskermingsbevel aan ouma toesgestaan

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Warren Vivian George (33) is drie jaar tronkstraf deur die Hopetown-distrikshof opgelê, nadat hy Sondag ‘n beskermingsbevel wat aan sy ouma (80) toegestaan is, oortree het.

Sers. Timothy Sam sê die hofbevel is vir gesinsgeweld toegestaan en George het sekere voorwaardes oortree. Hy het sy ouma beledig en aangerand. George is skuldig bevind en gevonnis en is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lt.genl. Koliswa Otolo het die ondersoekbeampte, speur.konst. Katlego Chabagae, vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief