KWAZULU-NATAL. – Twee kinders is Maandagmiddag kritiek beseer in ‘n ongeluk tussen twee voertuie op die R33/R34-kruising.
Craig Botha van Kwazulu Private Ambulance Service sê die ambulansdiens is na die toneel waar twee passasiers kritieke beserings, een ernstig en drie geringe beserings opgedoen het. Hulle is gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer. Een kritiek beseerde pasiënt is per lugambulans na ‘n hospitaal in Pietermaritzburg gevlieg.





