Borg geweier vir jong man wat glo niggie (10) verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Onwettige Zimbabwiër (19), ‘n gr. 11-leerder, is borg in die Pretoria-landdroshof geweier. Hy het glo gedurende die nag van 13 April sy niggie (10) verkrag.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagte se ma het op die betrokke nag in ‘n bed geslaap, terwyl die slagoffer en verdagte, niggie en neef, op die vloer by haar geslaap het. Toe sy na bewering beweging opmerk, het sy die beddegoed weggetrek en gesien die jong meisie is halfnaak, haar seun sonder klere. Die slagoffer het glo gesê die verdagte het haar verkrag. Die verdagte se ma het haar suster gebel om haar van die voorval te vertel, waarna dit die volgende oggend by die polisie aangemeld is. Nadat die verdagte homself oorhandig het, is hy op 14 April in hegtenis geneem in die teenwoordigheid van sy ma sowel as die slagoffer se ma.

Die verdagte het deur regsverteenwoordiging die verkragting ontken en het gevra hy moet op borg vrygelaat word, aangesien hy nog skoolgaan. Hy het redeneer die saak gaan hom en sy skooleksamen negatief beïnvloed.

Chris Maruma, die staatsaanklaer, het egter gesê die verdagte, wat onwettig in die land is, is ‘n vlugrisiko. Hy het voorts gesê die verdagte kan die slagoffer beïnvloed om die saak terug te trek.

Die landdros in die saak het saamgestem en borg geweier.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 3 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief