Taylor Swift breek lag-lag rekords met nuwe album

Lees ook :

Taylor Swift breek lag-lag rekords met nuwe album. Foto's: British Vogue en Business Insider

Die Amerikaanse sangeres, Taylor Swift (34), se nuutste album, The Tortured Poets Department, is vier dae na vrystelling reeds een biljoen keer op Spotify geluister.

Op 19 April, toe die album vrygestel is, het sowat 300 m. mense daarna op Spotify geluister. Haar musiek het soortgelyke rekords op Apple en Amazon Music gebreek. Volgens Billboard het 2.61 m. eenhede van die album reeds in die openingsweek verkoop.

Swift sê sy is stomgeslaan oor die goeie reaksie teenoor die album.

Forbes berig meer eenhede van die album is binne 24 uur verkoop as wat enige sanger nog ooit binne die eerste sewe dae na hulle vrystellings verkoop het.

Swift maak dit duidelik – sy en haar musiek is hier om te bly.

Luister hier na haar album.

Bronne: AP News, Forbes, NY Times, Standard, Billboard

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief