Lees ook: Betaal dalk minder vir petrol in Junie
Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds wys dat beide petrol en diesel met meer as 80 sent per liter kan daal.
Die prys van 93-petrol kan met 82 sent per liter daal, terwyl 95-petrol met 80 sent per liter kan verminder.
Diesel 0.05% kan met 87 sent per liter verminder terwyl diesel 0.005% met 85 sent per liter kan daal. Paraffien kan verminder met 76 sent per liter.
Die brandstofpryse word eers amptelik 5 Junie aangepas, dus is dit moontlik dat dit voor dan sal verander.
Bronne: eNCA, Stuff South Africa, The Citizen
Lees ook: Betaal dalk minder vir petrol in Junie





