Ramaphosa aanvaar Andrea Johnson se bedanking

Lees ook :

Andrea Johnson
Andrea Johnson

GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het die bedanking van adv. Andrea Johnson as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se gespesialiseerde eenheid, ondersoekdirektoraat teen korrupsie (Idac), met onmiddellike effek aanvaar.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, sê die president het Johnson se versoek ingevolge die bepalings van die wet op die nasionale vervolgingsgesag toegestaan. Die besluit volg nadat Mmamoloko Kubayi, die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, aanbeveel het dat haar versoek goedgekeur word. Die aanbeveling is deur adv. Andy Mothibi, die nasionale direkteur van openbare vervolgings, ondersteun. Johnson het haar versoek om onmiddellik uit haar pos onthef te word aan beide Mothibi en president Ramaphosa gerig.

Ramaphosa het Johnson vir haar jare lange diens aan die Nasionale Vervolgingsgesag en haar bydrae as hoof van Idac bedank . Hy het ook sy vertroue in die Nasionale Vervolgingsgesag herbevestig en gesê die regering sal die instelling en sy personeel steeds ondersteun in hul pogings om misdaad en korrupsie te bekamp.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief