Ierland, Noorweë en Spanje gaan Palestina as staat erken

Lees ook :

Ierland, Noorweë en Spanje gaan Palestina as staat erken volgende week
Ierland, Noorweë en Spanje gaan Palestina as staat erken volgende week fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood

Ierland, Noorweë en Spanje het aangekondig hulle gaan Palestina vanaf 28 Mei as ‘n staat erken.

Spanje het gesê die besluit om Palestina as ‘n staat te erken, is nie teen Israel gemik nie en is nie ten gunste van Hamas nie, maar ten gunste van vrede.

Ierland se eerste minister het gesê dit is die regte besluit en die enigste pad na vrede.

Minstens 140 ander lande het Palestina reeds as ‘n staat erken.

Israel se minister van buitelandse sake het die besluit gekritiseer en gesê dit wys “terrorisme betaal”.

Hulle het hulle gesante in Ierland en Noorweë vir beraadslaging herroep en gaan ook hulle gesant in Spanje herroep.

Bronne: The Star, BBC, Standard

Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief