Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood

Lees ook :

Israel sê hulle was nie verantwoordelik vir Iran president se dood nie
Israel sê hulle was nie verantwoordelik vir Iran president se dood nie fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

IRAN. – Israeliese owerhede het gesê hulle het niks te doen gehad met die dood van die Iranse president, Ebrahim Raisi, nie.

Raisi is gister oorlede na ’n helikopterongeluk toe hy en die minister van buitelandse sake op pad terug was van ’n openingseremonie vir ’n dam. Nog nege mense is in die ongeluk dood.

Die verklaring van Israeliese owerhede volg na spekulasie dat Israel vir die ongeluk verantwoordelik was. Iran ondersteun Hamas en in April het Israel en Iran mekaar aangeval.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Bronne: Daily Mail, Times Now, The Telegraph

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief