Kyk: Beursie na 33 jaar aan man terugbesorg

Lees ook :

Beursie na 33 jaar aan man terugbesorg. Foto: Saanich News

BRITS-COLOMBIË. – Nick Chowdhury is onlangs verras toe ’n 14-jarige seun sy beursie wat al vir 33 jaar lank vermis was, gevind en aan hom terugbesorg het.

Chowdhury het in 1991 sy beursie tydens ’n visvanguitstappie verloor. Saam met sy beursie was sy geboortesertifikaat, identiteitsdokument en bankkaarte skoonveld.

Jamie Lee (14) en sy vriende het onlangs na ’n elektriese skaatsbord se kontrole tussen die rotse by die Comoz Marina in Brits-Colombië gesoek toe hulle op die harde, ou beursie afkom.

Volgens Lee was dit soos om in tyd terug te gaan. Hy kon sy oë nie glo toe hy sien die persoon se identiteitsdokument het in die vorige eeu al verval nie. Hy het selfs videowinkelkaarte in die beursie ontdek.

Lee se pa het Chowdhury deur sosiale media opgespoor en die beursie aan hom terugbesorg. Chowdhury was dankbaar en sê dit voel of hy nou weer ’n verbintenis het met sy verlede en wie hy was.

Bronne: UPI, CTV News, Chek News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief