Internasionale Geregshof beveel Israel om uit Rafah te onttrek

Lees ook :

Internasionale Geregshof beveel Israel om uit Rafah te onttrek
Internasionale Geregshof beveel Israel om uit Rafah te onttrek fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof

DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om uit Rafah te onttrek en hulle militêre operasie in Rafah op te skort.

Israel moet enige aksie in Rafah wat die Palestynse burgers kan beïnvloed, opskort. Die hof het nie Israel beveel om uit Gaza te onttrek of hulle militêre aksie in ander dele van die land op te skort nie.

Israel moet verseker die Rafah-grens met Egipte bly oop en dat hulp en ondersoekers van feitesendings in Gaza toegelaat word. Israel moet oor ’n maand ’n verslag indien wat wys of hulle die bevele uitgevoer het.

Suid-Afrika, Hamas en die Palestynse owerhede het die besluit verwelkom, terwyl Israel beswaar gemaak het daarteen.

 Bronne: The Jerusalem Post, EWN, BusinessLIVE

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika verdraai werklikheid in Internasionale Geregshof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief