Steve Hofmeyr het besluit om nie sy 60ste lewensjaar ongesiens te laat verbygaan nie. Hy gaan dit vier met ’n grootskaalse produksie waartydens al sy treffers gesing gaan word.
Die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert sal op Saterdag 1 Maart 2025 by die Moreleta-kerk plaasvind wat plek vir 6 800 mense het.
Jacques du Plessis, konsertorganiseerder, sê Steve het ’n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word. “En hy gaan natuurlik saamsing.”
Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jacques du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Nadine, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Armand Hofmeyr vorm deel van die produksie.
Kaartjieverkope open op 6 Junie 2024 om 8:00 op itickets.

Bron: Facebook





