Waarskuwing motoriste: N12 tussen Witbank en Delmas tans toe

Lees ook :

KYK: Pad na ongeluk vanoggend weer oopgestel
KYK: Pad na ongeluk vanoggend weer oopgestel Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA: Motoriste wat tussen Emalahleni (Witbank) en Delmas ry, word gewaarsku die N12 is toe as gevolg van ‘n ongeluk, vermoedelik weens mis.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê dit is nie duidelik hoeveel motors in die ongeluk betrokke was en wat die aard van beserings is nie.

Mmusi sê dit is nie moontlik om te bepaal hoe lank die pad vir motoriste toe sal wees nie en raai die volgende alternatiewe roetes aan.

Die pad in Witbank is toegemaak waar die N4 en N12 van mekaar skei. Motoriste wat van Middelburg na Johannesburg reis, moet liefs voortgaan met die N4 en van die R555 gebruik maak totdat hulle Balmoral bereik, waar daar weer by die N12 aangesluit kan word.

Motoriste word ook aangeraai om van Delmas af die R555 te gebruik in Ogies en op die N4 in Witbank aan te sluit.

Wetstoepassingsbeamptes en nooddienspersoneel is op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief