Brekende Nuus
Afrikaans

MK-Party beweer dood van lede was oor padwoede

MK-Party beweer dood van lede was as gevolg van padwoede

fotokrediet: Canva
MK-Party beweer dood van lede was as gevolg van padwoede fotokrediet: Canva

Lees ook: Twee MK-partylede doodgeskiet

KATLEHONG, EKURHULENI. – Die MK-partywoordvoerder het in ’n onderhoud met IOL gesê die lede wat Sondag dood is, is dood as gevolg van ’n padwoedevoorval.

Die Gautengse polisie het gesê die twee lede van die MK-party is by die Thwala Section in Katlehong-Noord doodgeskiet. Hulle is glo doodgeskiet na ’n “dispuut” met lede van die ANC.

Een verdagte is vir die moorde in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek nog die rede vir die skietery.

Bronne: IOL, TimesLIVE, SAPD

Lees ook: Twee MK-partylede doodgeskiet