Een minuut met Irene-Louise van Wyk

Lees ook :

Een minuut met Irene-Louise Van Wyk

Irene-Louise van Wyk het in ’n musikale familie grootgeword. Haar ma het gesing en haar pa was ’n musiekpromotor. Daar is niks anders wat sy ooit wou doen nie. Musiek maak, op die verhoog wees en sing, was nog altyd deel van haar planne.

Afrikaans is Groot was ’n besonderse oomblik in haar lewe, maar so ook is elke keer wanneer sy op ’n verhoog staan vir haar spesiaal. “Elke keer wat ek op ’n verhoog staan en ek kyk af en daar is mense wat woord vir woord my musiek sing, is dit ’n hoogtepunt.”

Sy doen self haar administratiewe werk, soos kontrakte en bemarking. “Dit help ook om te weet dat daar ’n span is agter die show. My pa, wat ook my bestuurder is, het my geleer om my voete plat op die aarde te hou.”

Haar eie aanlyn winkel is een van haar passies. “Ek het my eie parfuum, RINX, en my eie gin-reeks.” Sy sal nog graag items by haar aanlyn winkel bekend wil stel en haar RINX-klerereeks terugbring.

Vir aspirant-kunstenaars het sy ook raad – “Wanneer jy voel niemand glo in jou nie, glo meer in jouself. Werk harder en druk deur.”

’n Snaakse oomblik uit haar tyd op die verhoog is toe sy een keer die verkeerde agtergrondlied tydens ’n vertoning opgesit het. “Ek het ’n liedjie saam met Early B gedoen – die lied was nog redelik nuut. Ek was baie vroeg in my swangerskap en het ’n show gedoen in Randfontein en ek het vergeet om die backtrack terug na die oorspronklike te verander waar sy vocals in is. Eers toe ek sing ‘Early B’ voor sy gedeelte, het ek besef daar is niks nie. Ek het nie geweet wat om te doen nie,” vertel sy. “Daar was geen rap nie en ek het net daar gestaan.”

Sy glo bekendes speel ’n belangrike rol in die vorming van sosiale verhoudings en bevordering van positiewe verandering. “Dit is belangrik om real te wees, want mense dink omdat jy in die spotlight is of in die musiekbedryf is dat alles glamour is en goed gaan. Min mense verstaan ons is ook net mense met ons eie issues en struggles.”

Bowenal is sy dankbaar vir elke liewe persoon en ondersteuning wat sy in haar loopbaan gekry het.

Maak so kontak met haar:

Webbladsy

Facebook

Instagram

TikTok

Foto: Verskaf

Teken in op ons nuusbrief - Bekendes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief