PRETORIA, GAUTENG. – ’n Vragmotor waarvan die remme glo gefaal het, het Vrydagmiddag omstreeks 17:00 ’n massiewe kettingbotsing op die hoek van Solomon Mahlangu- en Garsfonteinweg veroorsaak.
Volgens ’n omstander het die vragmotor van ’n heuwel af gekom en kon glo nie remme aanslaan nie.
Nooddienste is na die toneel ontbied waar voorlopig bevind is meer as tien voertuie was by die botsing betrokke.
Volgens Live Traffic het die verkeer vir meer as 8 km in albei rigtings opgehoop. Die aantal beseerdes is nog nie amptelik bekendgemaak nie.


Bronne: Live Traffic, Pretoria Traffic & Road Incidents





