Lees ook: Twee vissermanne gered na boot omslaan
HOUTBAAI. – Die NSRI het 17 vissermanne en hulle boot met die hulp van verskeie ander rolspelers naby Houtbaai gered.
‘n Noodoproep is uitgestuur toe die vissersbootboot begin water inkry het. ‘n Plaaslike visserboot, die Lucerne, het hulle gaan help om die boot stabiel te hou tot hulp opgedaag het.
Die skipper en die bemanningslede van die boot wat in gevaar was, kon die enjins aan die gang kry en verder uitgaan op die see om meer dryftyd te hê sou die enjins weer uitsny.
Die NSRI kon die boot later na Tafelbaai-hawe insleep. Alle rolspelers is vir hulle onbaatsugtige hulp bedank.
Bronne: NSRI
Lees ook: Twee vissermanne gered na boot omslaan





