KWAZULU-NATAL. – ‘n Toegedraaide liggaam is Vrydagaand op die M41, tydens die uitvoering van ‘n padblokkade, met die deursoek van ‘n voertuig ontdek.
Durban-metropolisie bevestig twee verdagtes is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Beamptes was besig met roetine stop-en-deursoeking. Die bestuurder van ‘n voertuig het glo vreemd opgetree en wou vlug. Beamptes is agter hom aan, waarna die voertuig deursoek is. Die liggaam wat in plastiek toegedraai is, is in die voertuig ontdek. Paramedici is na die toneel ontbied en die persoon is dood verklaar. Metropolisiebeamptes is vir die vinnige inhegtenisneming van die verdagtes geprys.
Die verdagtes word by Durban Noord-polisiestasie aangehou. Die ondersoek duur voort.
Tydens die operasie vir dronkbestuur is nog 14 manlike en twee vroulike verdagtes in hegtenis geneeem.
Bronne: Durban Metropolisie, Durban North-Umhlanga Community Policing Forum






