Die NVG se ondersoekdirektoraat (OD) het bespiegelings oor die dreigende inhegtenisneming van Gwede Mantashe, die nasionale voorsitter van die ANC, weerlê.
Henry Mamothame, woordvoerder vir die OD, sê daar word na ‘n artikel in die Sunday World van Sondag verwys. Daarin word na die dreigende arrestasie van Gwede Mantashe verwys.
Mamothame sê die OD lewer nie kommentaar op hulle ondersoeke nie: “Dit is belangrik dat ‘n wanvoorstelling wat aan my kantoor toegeskryf word, reggestel moet word.” Dit is onbekend waar die kommentaar vandaan kom, maar Mamothame sê dit is nie van die OD nie.
“Die OD het nie besluit oor of “die dreigende arrestasie” van mnr. Mantashe bespreek nie.”
Mamothame maak dit duidelik die OD sal voortgaan om sy werk sonder vrees, guns of vooroordeel te doen en moet die ruimte gegun word om dit sonder enige onnodige en ongeregverdigde spekulasie uit te voer.





