Binnelandse sake op Thaba Nchu glo beroof

Lees ook :

Foto: Google Maps

VRYSTAAT. – Die tak van die departement van binnelandse sake op Thaba Nchu is glo op Woensdag 19 Junie omstreeks 22:00 deur vier verdagtes beroof.

Sers. Sinah Mpakane sê die klaer en sy kollega was in die veiligheidswagkamer aan diens. Hulle het na bewering ‘n klop aan die venster gehoor. Vier beweerde verdagtes het hulle met ‘n vuurwapen gedreig om die deur oop te maak. Die klaer sy kollega is glo eers met sy skoenveters vasgebind, alvorens daar met die klaer na die kassiere se kantoor gegaan is.

Die verdagtes het na bewering met twee plasma-TV’s, ‘n skootrekenaar, ‘n tablet, ‘n toesigkamera se monitor, twee voertuigsleutels en verskeie ander items van die toneel gevlug. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.

Die sakeroof word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met inligting van die verdagtes of gesteelde items word versoek om speur.sers. Bayo Deeuw by 082 553 8208 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief