Motorfietsbestuurder sterf na ongeluk

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Motorfietsbestuurder, vermoedelik in sy 50’s, het net voor 09:00 vanoggend op die M41 en Ridgesidepad, in Umhlanga, noord van Durban gesterf.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die motorfietsbestuurder het onverklaarbaar beheer oor die motorfiets verloor en teen ‘n lamppaal gebots.

Die motorfietsbestuurder was kritiek beseer en het in ‘n hartstilstand gehad. Personeel van verskeie ambulansdienste het probeer om hom weer by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend.

Die polisie was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief