Ouer broer steek glo jonger broer in die rug

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man (20) het vandag op ‘n aanklag van moord in die Phalala-landdroshof verskyn nadat hy glo sy jonger broer (16) met n mes in die rug gesteek het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die broers, wat in die Vianeen-woonbuurt in Marken bly, het Woensdag ‘n argument gehad. Die argument het fisies geraak, waartydens die ouer broer die tienerbroer met ‘n mes gesteek het. Na die tyd het die verdagte ‘n familielid van die voorval vertel. Nooddienste is ontbied.

Ledwaba sê die tienerseun is op ‘n bed op sy rug aangetref. Hy het steekwonde aan sy rug gehad en is op die toneel dood verklaar.

‘n Saak van moord is by die Witpoort-polisiestasie geregistreer. Villa Nora-polisie het die ouer broer in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief