KYK: Transitorooftog – verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Skermgreep uit video Yusuf Abramjee X

KWAZULU-NATAL. – Die polisie in KwaDukuza is op soek na verdagtes nadat ‘n kontantwa Woensdag omstreeks 12:30 op die R74 in die rigting van Mamhumulo beroof is.

Brig. Jay Naicker sê na bewering het verdagtes in ‘n bakkie op die kontantwa geskiet en dit tot stilstand gedwing. Gewapende verdagtes het die veiligheidswagte aangehou en van hulle vuurwapens beroof.

Die kontantwa se kluis is opgeblaas en die verdagtes kon met ‘n onbekende bedrag geld ontsnap.

Die polisie het sake van gewapende roof en poging tot moord na die transitoroof oopgemaak.

“’n Multidissiplinêre soektog na die oortreders is tans aan die gang.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief