WES-KAAP. – Daar is tans vertragings op die MyCiTi-busroete in die Wes-Kaap as gevolg van uiterste weerstoestande.
Rob Quintas, raadslid van die stad se burgemeesterskomitee vir stedelike mobiliteit, sê wydverspreide oorstromings en stormverwante obstruksies word regdeur die stad gerapporteer. Die stad is hard aan die werk om verligting te bring aan areas wat deur die storm geaffekteer is. Quintas doen ‘n beroep op motoriste en voetgangers om versigtig te wees en reis waar moontlik, te vermy.
Vanaf vanoggend, 11 Julie 2024, het stormverwante padsluitings AZ Berman tussen Wespoort en Imperial en die M5 suidwaartse afrit in Otteryweg ingesluit.
Die volgende gebiede is ook geraak:
· Tussen Jakes Gerwel en Vasco Blvd
· Cycad Crescent, Milton Rd, Gouldburn Rd, Surrey
· Oorstroming voor Zoar Vlei MyCiTi-stasie
· Paaie beskadig in dele van roete 233
· Oorstromings voor die Neptunus-stasie
· D04 Paulsbergpad oorstroom
· Dynerfontein Lesour, Petrous en Camp, busse sal by Raimond-bushalte begin laai
· Koebergweg word ook geraak – haltes wat vermy moet word, is Gousblom, Crasulla, Zastron en Democracy South
· Addison na Milnerton-lighuis
· Summergreens – Victoria-stop aangetas
· Mitchells Plain – alle stoppe na Mitchells Plain-stasie sal gemis word weens vloede





