VSA. – Die skieter wat Saterdagaand ‘n sluipmoordaanval op die voormalige president Donald Trump geloods en gesterf het, is as Thomas Matthew Croocks (20) geïdentifiseer.
Croocks was van Bethel Park, Penssylvanië. Hy is deur ‘n skerpskutter van die geheime diens doodgeskiet.
Kevin Rojek, ‘n spesiale agent, het Saterdagaand gesê die motief vir die skietery is onbekend, maar die ondersoek duur voort. Die geweer was deur Croocks se pa gekoop en in sy naam geregistreer.
Corey Comperatore het ook in die skietery gesterf toe hy sy familie teen die koeëls probeer beskerm het. Volgens ‘n verklaring van Josh Shapiro, die goewerneur van Pennsylvanië, was Comperatore die brandweerhoof van die Buffalo-woonbuurt.
Nog twee persone is kritiek beseer in die voorval en is tans in die hospitaal.
Bronne: CBS News, BBC en NBC





