KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is vanoggend ná ‘n ongeluk in ‘n voertuig op ‘n treinspoor aangetref.
Garrith Jamieson sê in ‘n verklaring ALS Paramedics is net voor 06:00 na ‘n ernstige ongeluk op die M1 Higginson-hoofweg naby Westcliffe in Chatsworth, suid van Durban, ontbied.
Paramedici het die erg beskadigde voertuig op die treinspoor gesien en die man alleen in die voertuig aangetref. Hy het beserings as gevolg van die ongeluk opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.
Jamieson sê omstandighede sal deur die polisie, wat op die toneel was, ondersoek word.






