Reeds 6 brandbestryders in veldbrand dood

Lees ook :

Foto's: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Die aantal brandbestryders wat hulle lewens in ‘n veldbrand buite Howick verloor het, het tot ses gestyg.

Roland Robertson van Midlands EMS het sy hartseer uitgespreek oor die dodetal wat van drie na ses gestyg het, nadat nog brandbestryders aan hulle wonde gesterf het.

Chris Pappas, die burgemeester van uMngeni, het die gemeenskap herinner ‘n streng waarskuwing is vir brande uitgereik. Pappas het ook gevra brande moet so gou soos dit gesien word, aangemeld word.

Nuusflits het Sondag soos volg berig:

Brandbestryders het vanoggend in ‘n veldbrand in die Boston-area buite Howick gesterf.

Chris Pappas, burgemeester van uMngeni- plaaslike munisipaliteit, sê luidens ‘n verklaring drie vrouebrandbestryders het gesterf. Nog vyf brandbestryders veg vir hulle lewens. Die munispaliteit het medelye aan families van die afgestorwenes uitgespreek.

Roland Robertson van Midlands EMS sê volgens ‘n persverklaring is dié diens omstreeks 11:00 na ‘n toneel gestuur waar verskeie brandbestryders in ‘n veldbrand beseer is. Paramedici is deur ‘n gruweltoneel begroet waar brandbestryders steeds besig was om te brand en ander reeds gesterf het. Daar is gewerk om die pasiënte te stabiliseer, terwyl die brand voortgewoed het en ‘n vliegtuig probeer het om die vlamme te blus.

Robertson sê daar is besluit om meer hulp, sowel as ‘n lugambulans van Netcare911 met ekstra toerusting, te ontbied. Drie brandbestryders is aan ventilators gekoppel, waarna een na ‘n hospitaal gevlieg is. Nog twee wat kritiek beseer is, het dringende gevorderde lewensondersteunende behandeling vereis.

Alle pasiënte is eers op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief