15 leerders beseer toe voertuig rol

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 15 leerders is beseer, waarvan twee ernstig en een kritiek, toe die voertuig waarin hulle skool toe vervoer is, vanoggend in Isithebe gerol het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê in ‘n verklaring paramedici het hulle na die toneel gehaas. Leerders wat gering beseer is, is vir verdere behandeling na die Sundumbili-kliniek vervoer.

Meyrick sê drie leerders wat privaat na die kliniek vervoer is, is meer ernstig beseer. Die kritiek beseerde leerling is deur IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n ander fasiliteit geneem.

.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief