Lees ook: Petrolprys daal moontlik terwyl diesel in Augustus styg
THAILAND. – Thailand laat nou mense van 39 lande toe om hulle sonder visums te besoek, om hulle toerisme-industrie ’n hupstoot te gee.
Besoekers kan nou vir omtrent 60 dae op ‘n keer die land besoek. ’n Nuwe vyf-jaar visum is beskikbaar vir werkers wat van ander lande af werk om 180 dae elke jaar in die land te spandeer.
Studente wat ’n graad of hoër in Thailand kry, kan vir nog ’n jaar ná hulle studies aanbly om ’n werk te soek of te reis. Suid-Afrika is een van die lande wie se burgers nou Thailand sonder ’n visum kan besoek.
Bronne: BBC, Business Standard, Bloomberg
Lees ook: Petrolprys daal moontlik terwyl diesel in Augustus styg





