Man in Bellville doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Nico Snyman Facebook-blad

WES-KAAP. – Nico Snyman wat in 2014 aan die Hoërskool Bethlehem Voortrekker gematrikuleer het, se liggaam is Saterdag met ‘n skietwond in ‘n straat in Bellville aangetref.

AO Joseph Swartbooi sê die polisie het in die vroeë oggendure op ‘n klagte reageer.

“Met hul aankoms in Northumberlandstraat is die liggaam van ‘n man gevind, wat ‘n skietwond opgedoen het.”

Die man is op die toneel dood verklaar. ‘n Onbekende verdagte het van die toneel gevlug.

“Die motief vir hierdie aanval is ‘n argument.”

Swartbooi sê aan Nuusflits die omstandighede van die insident word in ‘n moordsaak deur Bellville-polisie ondersoek. Enigiemand met inligting word gevra om die polisie te kontak.

BHVS 1902 in Bethlehem waar Snyman in 2014 gematrikuleer het, het op hulle Facebook-blad medelye uitgespreek:

Alumni-nuus:

Hiermee betuig ons as Voortrekkerfamilie ons innige meegevoel aan Nico Snyman (Klas van 2014) se familie na sy tragiese afsterwe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief