9-jarige sterf toe bakkie tref

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bakkie het vanoggend ‘n kind (9) op die N2-hoofweg in Bhobhoyi getref, waarna die kind oorlede is.

Chantell Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens is na ‘n ongelukstoneel ontbied.

“Met die nooddienste se aankoms op die toneel het hulle gevind ‘n bakkie het ‘n voetganger omgestamp.”

Tydens assessering van die toneel is bevind ‘n kind het noodlottige beserings opgedoen.

“Ten spyte van paramedici se pogings om die kind by te bring, is die kind op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was op die toneel teenwoordig en ondersoek die omstandighede van die insident.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief