VRYSTAAT. – Armand Opperman is vir die moord op Lance Arthur Da Silva (62), sy slagoffer, se moord op 4 Mei 2023 tot 27 jaar tronkstraf deur die Rouxville-landdroshof gevonnis.
Lance Arthur Da Silva is op die betrokke dag omstreeks 14:30 dood, met ‘n skietwond aan sy linkerslaap, in die hoofslaapkamer van die plaas Windpoort in die Rouxville-distrik gevind.
Opperman, wat glo saam met Da Silva op die plaas gewoon het en na die moord gevlug het, is die volgende dag in Gqeberha in hegtenis geneem. Hy het op 29 Mei 2023 sy borgaansoek laat vaar en was sedertdien in aanhouding.
Sers. Mahlomola Kareli sê ‘n span speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade het saam met die NVG gewerk om die vonnis te bewerkstellig.
Opperman is vir strafbare manslag tot 10 jaar tronkstraf, vir roof met verswarende omstandighede tot 14 jaar direkte tronkstraf en vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie tot 3 jaar gevonnis.





